
Meer GBV-skuilings nodig in streke, sê minister
Loading player...
Geslagsgelykheid-minister Emma Kantema het 'n gebrek aan skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld uitgelig tydens 'n besoek aan die noordelike streke. Sy het by die ministerie se skuiling in Rundu gesê daar is net 10 skuilings in die land, waarvan twee in private besit is. Daar is 'n behoefte aan meer skuilings in die streke, maar daar is ook 'n tekort aan personeel. Kantema het slagoffers, ook mans, aangemoedig om by die ministerie hulp te soek.