Twee rondloperleeus vernietig

Loading player...
Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap sê hulle het twee rondloperleeus van kant gemaak. Berigte is ontvang van vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwiltuin ontsnap en in die Bosbokrand-omgewing opgemerk is. Die waarnemende uitvoerende beampte van die MTPA, Justus Mohlala, sê dit was moontlik minder as vier leeus en hulle kan nie seker wees uit watter reservaat hulle ontsnap het nie. Hulle sal egter aanhou soek tot hulle trevrede is daar loop nie meer leeus vry rond nie. Digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem.
21 Apr 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die…
25 Aug 5 min

Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe 'n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt.
21 Aug 15 min