Ouerregte vir nie-ouers

Loading player...
Mense anders as ouers het in sekere gevalle regte i.t.v. die Kinderwet.
Yolandie Borman van SB Attorneys verduidelik.
23 Apr Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Babapret wag by Ekspo

Die SPAR Little Munchkins Baby Expo Saterdag gaan ouers met kennis toerus, maar daar is ook hope pret - en 'n verskeidenheid kompetisies met fantastiese pryse. Bella Mogane gesels saam met Gladys Mndawe, die stigter van die #GBVisReal-veldtog wat die dag die gasspreker is, met die Middag Game Drive.
22 Apr 16 min

Lugvaartgeleentheid vir jonges onmisbaar

Laeveldse tieners met selfs net 'n verbygaande belangstelling in lugvaart het 'n gulde geleentheid om op 9 Mei blootgestel te word aan dié opwindende bedryf. Phillip Lewis, Alec Groenewald, Khanya Khoza en Divan Ferreira vertel 100.5FM meer.
22 Apr 17 min

Pumas doen wat hulle moet om Griekwas te stuit

Die Pumas het drie groot wedstryde wat wag in die SA Beker. Kaptein, Clinton Swart, en onderkaptein, Ruwald van der Merwe, praat voorbereiding met Sonop Ontbyt voor hul kragmeting met die Griekwas Vrydagaand by Mbombela-stadion.
22 Apr 9 min

Twee rondloperleeus vernietig

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap sê hulle het twee rondloperleeus van kant gemaak. Berigte is ontvang van vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwiltuin ontsnap en in die Bosbokrand-omgewing opgemerk is. Die waarnemende uitvoerende beampte van die MTPA, Justus Mohlala, sê dit was moontlik minder as vier leeus en…
21 Apr 10 min

Nelspruit se Para-atlete skitter by SA's

Die Mpumalanga span wat deelgeneem het aan die afgelope SASAPD Para athleitics SA Championship se drie Nelspruit-atlete kon tussen hulle sewe goue medaljes wen en sewe nuwe SA rekords en 'n nuwe Afrika rekord opstel. Lulu en Conrad is in die ateljee saam met afrigter DP Badenhorst.
18 Apr 15 min