
Finansiële stabiliteitsverslag 'herstel openbare vertroue'
Loading player...
Die Bank van Namibië en Namfisa het die jaarlikse finansiële stabiliteitsverslag vrygestel onder die tema "Beveiliging van finansiële stabiliteit in 'n veranderende globale landskap”. Die sleutelverslag kontroleer die gesondheid van die finansiële stelsel deur onder andere risiko's te ontleed, banke te stres-toets en die stelsel se gereedheid vir plaaslike en wêreldwye ekonomiese skokke te beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josefina Oskar, mediapraktisyn by die Sentrale Bank, wat meer inligting gee.