
Water vir die vale in die Vaal
Loading player...
Die departement van water en sanitasie sê tien sluise van die Vaaldam is tans oop. Aanhoudende, bogemiddelde reënval in die reeds versadigde opvangsgebiede veroorsaak ʼn groot invloei van water. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die Vaal- en Bloemhofdam is tans onderskeidelik 119,68- en 111,87 persent vol. Sy sê nog water word verwag en die uitvloei kan vandag moontlik toeneem: