VSA-ooreenkoms het geen sekuriteitswaarborge nie

Loading player...
Die president van die Kiëf Ekonomiese Skool Tymofiy Mylovanov het met SkyNews gepraat oor die ooreenkoms wat die VSA en die Oekraïne beklink het. Dit handel oor die heropbou van die land sowel as kritieke minerale. Mylovanov sê daar is geen sekuriteitswaarborg in die ooreenkoms nie en dit is die belangrikste element.
2 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Piastri se momentum pla Norris min

Motorsport: Lando Norris van McLaren hou vol hy is nie bekommerd dat sy spanmaat, Oscar Piastri, die voortou geneem het as nuwe leier in die bestuurderskampioenskap nie. Die Brit het die seisoen se eerste wedren in Australië gewen, terwyl Piastri daarna drie oorwinnings behaal het. Aan die vooraand van hierdie…
2 May 11AM 1 min

Kabinet beveel taakspan, strategië teen wanvoeding

Die kabinet het in sy jongste besluitnemingsvergadering die kinderwelsyn- en gesondheid-ministeries, saam met ander belanghebbendes, opdrag gegee om 'n voedingsreaksiestrategie te ontwikkel om ernstige akute wanvoeding te bestry. Die gesondheidministerie is ook beveel om dringend immuniserings- en wanvoedingvoorkomingsdienste in die Kunene-streek te verbeter. Inligtingminister Emma Theofelus het meer.
2 May 10AM 1 min

Nog geen beweging op Toegang tot Inligtingswet

Wêreldpersvryheidsdag word môre herdenk, en Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die Toegang tot Inligtings-aksiekoalisie in Namibië gepraat. Hy sê dit is kommerwekkend dat die president nog nie 'n verklaring oor die Wet op Toegang tot Inligting gelewer het nie.
2 May 10AM 1 min

Lüderitz Kreeffees bring ekonomiese geleenthede

Die adjunk-landbouminister Ruth Masake het die Lüderitz Kreeffees beskryf as 'n belangrike platform vir klein besighede om hul produkte te vertoon, plaaslike ekonomiese aktiwiteit te stimuleer en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Masake het plaaslike owerhede en besighede aangespoor om inisiatiewe te ondersteun wat billike groei en volhoubare lewensbestaan bevorder.
2 May 9AM 1 min