Agribank skuld, rente: Schlettwein sê boere moet ondersteun word

Loading player...
'n Openbare beroep is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om Agribank aan te spoor om gedeeltelike rente-afskrywings op agterstallige lenings te oorweeg, as 'n maatreël om die las van die voortdurende droogte en hoë lewenskoste op boere te verlig. Die beroep voer aan dat swartlyste en eiendomsveilings teenproduktief is en die ontberinge wat geraakte boere in die gesig staar, net vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, gesels om sy mening te hoor.
2 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

So moet Afrika-perdesiekte behandel word

Die direktoraat veeartsenydienste het 'n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Perde en donkies in die distrikte mag nie beweeg word sonder 'n permit nie, wat slegs uitgereik sal word indien die diere ingeënt is. Kosmos…
2 May 12PM 1 min

Regspraktisyns wat uit trusts steel moet vervolg word

Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is bekommerd oor die aankondiging dat nagenoeg 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand deur gewetenlose regspraktisyns uit Suid-Afrikaanse trusts gesteel is. Claude Naiker van die vereniging sê die skokkende syfer beklemtoon groot uitdagings in die stelsel van die bestuur van trustrekeninge en omvattende hervormings is dringend…
2 May 12PM 1 min

DA dien wysigingswet op diensdiere in

Die DA sê hy het 'n Wysigingswet op die Beskerming van Diensdiere in die parlement ingedien om die regte van mense met gestremdhede te beskerm om met hul dienshonde in openbare en private ruimtes toegelaat te word. Wendy Alexander van die DA sê die wet sal verhoed dat gestremdes met…
2 May 11AM 1 min

Piastri se momentum pla Norris min

Motorsport: Lando Norris van McLaren hou vol hy is nie bekommerd dat sy spanmaat, Oscar Piastri, die voortou geneem het as nuwe leier in die bestuurderskampioenskap nie. Die Brit het die seisoen se eerste wedren in Australië gewen, terwyl Piastri daarna drie oorwinnings behaal het. Aan die vooraand van hierdie…
2 May 11AM 1 min