GOOD soek vervolging van apartheidsera-misdade

Loading player...
Die GOOD Party sê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die sake wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie aanbeveel is met dringendheid vervolg, aangesien hy dit steeds kan doen. President Cyril Ramaphosa gaan 'n regterlike kommissie van ondersoek aanstel om te bepaal of iemand probeer om die ondersoek of vervolging van misdade te dwarsboom wat die WVK uit die apartheidsera na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys het. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die WVK het meer as 400 sake verwys:
2 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Televangelis Omotoso vir 5 jaar uit SA verban

Die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso is vir vyf jaar uit Suid-Afrika verban ná sy deportasie. Verlede maand is hy vrygespreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, afpersing en mensehandel. Na bewering het hy ingestem het tot vrywillige uitsetting. Die woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake, Siya Qoza, sê Omotoso is…
18 May 11PM 1 min

Alcaraz seëvier in Rome

Die 22-jarige Carlos Alcaraz het die eerste Italiaanse Ope van sy loopbaan, en sy derde 2025-titel gewen. Die Spanjaard het die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, met 7-6, 6-1 afgeransel en spog met sy sewende ATP Meesters 1000-titel. Intussen het die Italianer, Jasmine Paolini, die Amerikaner, Coco Gauff, verslaan en…
18 May 11PM 1 min

Boere op uitkyk vir nagtelike hommeltuie

Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Daar is meer op die unie se…
18 May 6AM 1 min

Ramaphosa ruk op na Withuis

President Cyril Ramaphosa vertrek vandag na die VSA om gespanne verhoudings te herstel en bewerings van 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika te bestry. Ramaphosa het tydens die induksie van die ANC in die Noord-Kaap se Provinsiale Uitvoerende Komitee gesê hy sal die bewerings ferm verwerp en noem dit disinformasie wat gebruik…
18 May 5AM 1 min

AgriForum maan teen weermag, verkeersdepartement

AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van 'n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk…
18 May 4AM 1 min