Innibos vier 21 jaar

Loading player...
Dit is weer tyd om álles lekker by Innibos te vier vanaf 3 tot 6 Julie. Die fees vier vanjaar Afrikaans se 100-jarige taalviering en Innibos se 21ste bestaansjaar. Die tema is bloot “Lekker”.
Om dit te vier gaan die stalletjies in die Bosmôl daagliks tydens die fees vir 21 minute twee maal per dag spesiale aanbiedinge hê.
Naranda Leeuwner verduidelik hoe dit jou sak gaan pas.
6 May Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie verander Houdini se lewe

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.
31 May 14 min

Penryn beste in Mbombela

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.
29 May 14 min

MOTHS sien om na ander

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig. Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.
27 May 14 min