Basters herdenk Sam Khubis

Loading player...
Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap 'n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred Draghoender, een van die organiseerders van die geleentheid wat môre voortduur, gepraat. Die visepresident, Lucia Witbooi word ook by môre se vieringe verwag.
7 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ECN is gereed vir waninligting

Teen die agtergrond van die pas afgehandelde streeks-tussenverkiesings, het die Verkiesingskommissie van Namibië nuwe strategieë om 'n groeiende vlaag van geteikende waninligting te bestry. Dit ondermyn die integriteit van die demokratiese proses. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder.
20 Jun 4AM 1 min

Het IAEA-verslag bygedra tot Israel se aanval?

Neave Barker van AlJazeera het ‘n onderhoud gevoer met Rafael Grossi, direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap. Dit was kort na die vrystelling van sy verslag oor Iran, met kommentaar dat die land nie heeltemal deursigtig was nie dat, Israel Iran aangeval het. Barker wou weet of die verslag bygedra het.
20 Jun 4AM 1 min

Outa sê onetiese en swak leierskap verniel plaaslike owerhede

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer…
20 Jun 3AM 1 min

Europese leiers vergader met Iran-owerhede

Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, ontmoet vandag sy Franse en Duitse ampsgenote, asook Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Switserland. Die doel is om ʼn diplomatieke manier te kry om Iran se kernprogram te bespreek. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja…
20 Jun 3AM 1 min

VN gee N$32m vir biomassa werksgeleenthede onder die jeug

Die VN het voortgesette steun belowe om Namibië te help om jeugwerkloosheid aan te pak. VN-koördineerder Hopolang Phororo sê dat 32 miljoen Namibiese dollar reeds uit die Gesamentlike SDG-fonds gebruik word, met nog 'n voorstel van 18 miljoen dollar wat by die Wêreldbank onderweg is. Die fondse sal werkskepping in…
20 Jun 2AM 1 min