Vissermanne sit voet neer oor voortslepende kwessies

Loading player...
Sowat 3 000 vissermanne en -vroue in Walvisbaai doen 'n beroep op die Presidensie om dringende kwessies in die visbedryf aan te spreek. Hulle dreig om na Windhoek te stap om hul bekommernisse aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah te oorhandig indien hulle nie reaksie kry nie. Die sekretaris van die Myn-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersvakbond, Joseph Garoëb, sê werkers moet meer voordeel uit die see trek en ordentlik betaal word. Kosmos 94.1 nuus het met Garoëb gesels, wat uitbrei.
9 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

HyIron sê beleggings nodig vir groei

Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
19 Jun 9AM 1 min

Rassie in sy skik met Bokke se voorbereiding

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog…
19 Jun 9AM 1 min

Mediese fonds-lede moet jaar-vergadering bywoon: namfisa

Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.
19 Jun 8AM 1 min

Maak plan teen hoër brandstofprys, vra Cosatu

Cosatu vra die regering om vinnig op te tree om ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder…
19 Jun 8AM 1 min