Stad Windhoek spreek klagtes oor vullisverwydering aan

Loading player...
Inwoners van Havana informele nedersetting het die Stad Windhoek versoek om vullis betyds te verwyder en meer vullishouers of vullisdromme te verskaf. Hulle sê sommige hope vullis word vir meer as 'n maand net so gelos. Die nabygeleë Hakahana het dieselfde klagtes. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya erken dat daar af en toe vertragings in vullisverwydering is as gevolg van hoë vervoerkoste en misbruik van vullisdromme. Kosmos 94.1 nuus het met Amutenya gesels, wat meer inligting gee.
9 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

HyIron sê beleggings nodig vir groei

Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
19 Jun 9AM 1 min

Rassie in sy skik met Bokke se voorbereiding

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog…
19 Jun 9AM 1 min

Mediese fonds-lede moet jaar-vergadering bywoon: namfisa

Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.
19 Jun 8AM 1 min

Maak plan teen hoër brandstofprys, vra Cosatu

Cosatu vra die regering om vinnig op te tree om ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder…
19 Jun 8AM 1 min