Copps 94.1: Motorbestuurder veroorsaak glo verskeie botsings

Loading player...
Die Copps 94.1-span het Vrydagaand ‘n relatiewe rustige aand beleef, buiten vir ‘n motorbestuurder wat meer as een ongeluk in die hoofstad veroorsaak het en dan van die toneel af weggejaag het. Francois Lottering het meer:
10 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NWR-kaarthouers kamp nou goedkoper

Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat NamLeisure-kaarthouers nou in aanmerking kom vir afslag op kampeerplekke by al hul oorde en kampplekke. Kaarthouers kan uitsien na 40 persent afslag vir Namibiërs, 30 persent vir SADC-inwoners en 10 persent vir internasionale besoekers. Kosmos 94.1 nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels.
10 May 4AM 1 min

Afrikaner-vlugtelinge na VSA 'polities gemotiveerd'

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê…
10 May 3AM 1 min

Tradisionele leiers soek referendum oor grond

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê 'n referendum is die beste manier om die grondkwessie op te los. Cotralesa se sekretaris-generaal, Zolani Mkiva, sê hoewel die ANC optrede oor grondhervorming belowe het, glo tradisionele leiers tans die publiek moet besluit. Hy het op 'n gesamentlike inligtingsessie met die…
10 May 2AM 1 min

Skaap-, bokvleisuitvoere na China kry hupstoot

Die landbouministerie en China se Algemene Administrasie van Doeane-departement het 'n protokol gefinaliseer oor vereistes vir die uitvoer van skaap- en bokvleis na China. Die protokol is Vrydag amptelik onderteken. Dit sal na verwagting ekonomiese groei bevorder, werksgeleenthede skep en wedersydse voordele vir beide lande inhou. Landbouminister Inge Zamwaani het…
10 May 1AM 1 min

FNB-ekonoom kyk na kredietverleningsyfers

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Paaiemente en verhuring het maand op maand tot 17,1% gestyg, terwyl ander lenings en voorskotte ook groei gesien het as gevolg van die hoë vraag van die energie- en vervaardigingsektore. Kosmos 94.1 Nuus het met…
9 May 12PM 1 min