SAKP onderhandel steeds oor deelname aan plaaslike verkiesing

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê hulle gaan voort om met mekaar te onderhandel oor hul besluit om aan die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 deel te neem. Die SAKP se woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê die grondkwessie is die afgelope 30 jaar ongelukkig afgeskeep in staatsprogramme wat bedoel is om nasionale transformasie te bevorder. Hy sê die grondkwessie moet nou sentraal staan in die gemeenskaplike politieke program:
12 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanspreeklikheid in bestuur van natuurlike hulpbronne ononderhandelbaar

Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, dr. Tobie Aupindi, sê aanspreeklikheid in die bestuur van die land se natuurlike hulpbronne is ononderhandelbaar. Hy het tydens 'n belanghebbendes-werkswinkel in Swakopmund beklemtoon dat daar verder as oppervlakkige samewerking beweeg en ten volle met die parlement geskakel moet word…
16 Jul 2AM 1 min

Cyril moet sê oor diplomatieke strategie vir VSA

Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die volk oor die diplomatieke strategie vir die VSA inlig. Dit volg na die DA se bewerings dat Ramaphosa maande reeds geweet het dat die spesiale gesant, voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, 'n visum deur Amerika geweier is. Die sekretaris-generaal van…
16 Jul 2AM 1 min

Namibië moet bankvas agter Welwitschias staan

Namibië en Zimbabwe speel Saterdag in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker nadat die twee spanne hul halfeindronde wedstryde teen onderskeidelik Algerië en Kenia in Kampala, Uganda, gewen het. Saterdag kan daar net een wees – die wenner kwalifiseer vir 'n plek by die Mansrugby Wêreldbeker in Australië in…
16 Jul 1AM 1 min

Meer as 7 000 Afghane is in VK hervestig na inligting uitlek

Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle…
16 Jul 1AM 1 min

Cyril weet sedert Mei Mcebisi is deur VSA verwerp

Die DA sê president Cyril Ramaphosa het maande gelede reeds geweet Amerika het 'n diplomatieke visum aan die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, geweier en dat sy geloofsbriewe reeds in Mei verwerp is. Hy het egter steeds Suid-Afrika se amptelike gesant gebly en uit die land vertrek sonder voldoende…
16 Jul 1AM 1 min