Saoedi-VSA verhouding verdiep, brei verder uit

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA het nie 'n sterker vennoot as Saoedi-Arabië nie, tydens sy eerste groot buitelandse reis van vier dae na Golf-state wat hoofsaaklik gefokus is op belegging. Die twee lande het 'n 142 miljard Amerikaanse dollar wapenooreenkoms aangekondig, sowel as 'n reeks ander beleggings wat volgens die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed Bin Salman, uiteindelik 'n miljard dollar werd kan wees. Trump het by 'n VSA-Saoedi beleggingsforum die twee lande se verhouding beskryf as sterker as ooit tevore. Luister self.
13 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheidminister sê oor onwettige invoer van medisyne

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die Affirmative Respositioning-leier, Job Amupanda, die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, gevra oor die beweerde onwettige invoer van medisyne deur die Walvisbaai-hawe. Hy het die gesondheidsraad daarvan beskuldig dat hulle lewens in gevaar stel. Lynminister Esperance Luvindao sê dat 'n vergadering met…
18 Jun 10AM 1 min

EU, Unicef se N$24 miljoen steun droogtereaksie

Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding…
18 Jun 9AM 1 min

SA inflasie in Mei steeds op 2,8%

Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado…
18 Jun 9AM 1 min

Kanada stel nog sanksies teen Rusland in

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê…
18 Jun 9AM 1 min

Statebond Besigheidsforum hernu hoop vir werkskepping

Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
18 Jun 8AM 1 min