Cosatu sê jeugwerkloosheid is uiters ontstellend

Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu sê dis kommerwekkend dat die werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van vanjaar tot 32,9-persent gestyg het. Matthew Parks van Cosatu sê Statistieke SA se verslag dat drie uit vier jongmense werkloos is, is ontstellend en hy doen ’n beroep vir dringende hervorming om werksgeleenthede te skep. Hy pleit vir ’n grootskaalse uitbreiding van openbare werksprogramme, vaardigheidsopleiding en vakleerlingskappe in die privaat sektor:
14 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU, Unicef se N$24 miljoen steun droogtereaksie

Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding…
18 Jun 9AM 1 min

SA inflasie in Mei steeds op 2,8%

Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado…
18 Jun 9AM 1 min

Kanada stel nog sanksies teen Rusland in

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê…
18 Jun 9AM 1 min

Statebond Besigheidsforum hernu hoop vir werkskepping

Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
18 Jun 8AM 1 min

Kabinet besluit nog oor sluit van Israelse ambassader

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae in die…
18 Jun 8AM 1 min