Oud-Air Namibia werkers vergader met regering

Loading player...
Voormalige werknemers van Air Namibia is weer op die voorgrond met die moontlike herlewing van ‘n nasionale redery. Die groep het geweldige uitdagings met goed soos belasting en meer, met die likwidasie van Air Namibia wat nog nie afgehandel is nie. ‘n Vergadering is Maandag gehou met die regering en die verteenwoordiger van die groep, Renier Bougaard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
14 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheidminister sê oor onwettige invoer van medisyne

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die Affirmative Respositioning-leier, Job Amupanda, die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, gevra oor die beweerde onwettige invoer van medisyne deur die Walvisbaai-hawe. Hy het die gesondheidsraad daarvan beskuldig dat hulle lewens in gevaar stel. Lynminister Esperance Luvindao sê dat 'n vergadering met…
18 Jun 10AM 1 min

EU, Unicef se N$24 miljoen steun droogtereaksie

Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding…
18 Jun 9AM 1 min

SA inflasie in Mei steeds op 2,8%

Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado…
18 Jun 9AM 1 min

Kanada stel nog sanksies teen Rusland in

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê…
18 Jun 9AM 1 min

Statebond Besigheidsforum hernu hoop vir werkskepping

Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
18 Jun 8AM 1 min