Pumas pak die Griekwas in die 2025 SA Beker-eindstryd in Mbombela

Loading player...
Die Airlink Pumas het ’n dramatiese 31-29 oorwinning oor die Boland Kavaliers in die Mbombela-stadion die naweek behaal om ’n tuiseindstryd vir die 2025 SA-bekertoernooi te verseker. Die Pumas het op een stadium met net 12 spelers gespeel ná drie geel kaarte, maar het steeds daarin geslaag om te wen toe losskakel Danrich Visagie laat in die wedstryd ’n strafdoel aangeteken het. Hulle sal teen die verdedigende kampioene, die Griekwas, te staan kom. Die Griekwas het Saterdag die Cheetahs in Kimberley met 41-38 in hul halfeindstryd te klop.
20 May Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Geen meer voorbrande, sê Lefpa

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
19 Aug 7 min

Dancing Queens dans vir goeie doel

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug 8 min

'Die (vreemde) einde van 'n koerant'

Barnard Beukman was die 12de en laaste redakteur van "Beeld" voor Media24 die koerant einde verlede jaar gesluit het. Sy boek, "Die (vreemde) einde van 'n koerant" het onlangs verskyn.
13 Aug 11 min