Nuwe redery: 16 maatskappye stel belang om betrokke te raak

Loading player...
Sestien Namibiese ondernemings het belangstelling uitgespreek om by te dra tot die vestiging van 'n nuwe nasionale lugdiens. Dit is bevestig deur Julius Ngweda, woordvoerder van die vervoerministerie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n gespesialiseerde tegniese komitee aangestel is om toesig te hou oor die proses.
20 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hou toesig oor kinders by water, pleit owerhede

Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede 'n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op…
16 Jun 11AM 1 min

Baster-tradisionele gesag moet erken word: aktivis

Reaksie word ontvang op die wetsontwerp wat die Baster-tradisionele gesag wettiglik sou erken, maar deur die speaker van die Nasionale Vergadering geblokkeer is. Dit was omdat dit nie aan prosedurele standaarde voldoen het nie. PDM-leier McHenry Venaani het die wetsontwerp ingedien. Die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender.
16 Jun 10AM 1 min

As PIC-lede wil terugkeer na Swapo 'is hulle welkom'

Reaksie word ontvang op berigte in die plaaslike media dat Swapo lede van die opposisie, die Independent Patriots for Change, omkoop met 10 000 Namibiese dollar om terug te keer na die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, Swapo-LP en die jeugligaleier van die party gepraat oor…
16 Jun 10AM 1 min