Nampol help soek na vermiste canyon-stapper

Loading player...
Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, het bevestig dat die 63-jarige Suid-Afrikaner Jacobus Linteeze vermis is in die Visrivier-canyon. Hy laas op 16 Mei gesien is toe hy saam met 'n groep van 12 lede in die canyon gaan stap het maar was nie daar toe hulle die roete voltooi het nie. Polisielede is vanoggend ontplooi. Kommissaris Mbango het meer.
20 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hou toesig oor kinders by water, pleit owerhede

Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede 'n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op…
16 Jun 11AM 1 min

Baster-tradisionele gesag moet erken word: aktivis

Reaksie word ontvang op die wetsontwerp wat die Baster-tradisionele gesag wettiglik sou erken, maar deur die speaker van die Nasionale Vergadering geblokkeer is. Dit was omdat dit nie aan prosedurele standaarde voldoen het nie. PDM-leier McHenry Venaani het die wetsontwerp ingedien. Die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender.
16 Jun 10AM 1 min

As PIC-lede wil terugkeer na Swapo 'is hulle welkom'

Reaksie word ontvang op berigte in die plaaslike media dat Swapo lede van die opposisie, die Independent Patriots for Change, omkoop met 10 000 Namibiese dollar om terug te keer na die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, Swapo-LP en die jeugligaleier van die party gepraat oor…
16 Jun 10AM 1 min