VN verwelkom aflewering van Gaza-hulp, al is dit min

Loading player...
Die Verenigde Nasies se hoof van Humanitêre Sake, Tom Fletcher, verwelkom Israelse owerhede se besluit om na 11 weke weer beperkte hulp aan Gaza toe te laat. Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, sê die aflewering van kos sal slegs voortgaan tot die weermag en privaat maatskappye sentrums opgerig het om hulp ingevolge ʼn Amerikaans-gesteunde plan te versprei, wat die VN verwerp het. Die VN-woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê nege van hul vragmotors het reeds goedkeuring om deur die suidelike Kerem Shalom-kruising te gaan:
20 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baster-tradisionele gesag moet erken word: aktivis

Reaksie word ontvang op die wetsontwerp wat die Baster-tradisionele gesag wettiglik sou erken, maar deur die speaker van die Nasionale Vergadering geblokkeer is. Dit was omdat dit nie aan prosedurele standaarde voldoen het nie. PDM-leier McHenry Venaani het die wetsontwerp ingedien. Die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender.
16 Jun 10AM 1 min

As PIC-lede wil terugkeer na Swapo 'is hulle welkom'

Reaksie word ontvang op berigte in die plaaslike media dat Swapo lede van die opposisie, die Independent Patriots for Change, omkoop met 10 000 Namibiese dollar om terug te keer na die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, Swapo-LP en die jeugligaleier van die party gepraat oor…
16 Jun 10AM 1 min

Okahandja-gemeenskap wil mobiliseer, betoog

Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die naweek se vergadering oor klagtes oor die Okahandja-munisipaliteit. Die gemeenskap kla nie net oor kwessies soos RedForce nie maar ook gaan die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte.
16 Jun 9AM 1 min