Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel

Loading player...
As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel.
Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders.
Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen.
“Ek sal nou dié sport vir niks verruil nie,” sê Nel in vandeesweek se episode van Rapport Praat Sport.
Hy vertel wat dit verg om ’n sterkman te wees en sê ’n moeilike besluit wag nou op hom. Hy beoefen sy sport nou as amateur terwyl hy voltyds as ’n ingenieur werk, maar dít kan dalk binnekort verander . . .
Nel vertel ook van die dag toe hy besef het hy kan dalk ’n sterkman wees.
“Ons het toetse by die Ixias (die Sentrale Universiteit vir Tegnologie se rugbyspan) gedoen en toe bench press ek 200 kg.”
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na ons op 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
21 May Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer…
8 Oct 34 min

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik…
1 Oct 38 min

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat…
24 Sep 26 min