Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer

Loading player...
Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was.
Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon te klop.
Hulle is boonop reeds verseker van die boonste plek op die Premierliga-punteleer.
Van Graan sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en gesels oor die Bomb Squad-les wat hy by Rassie Erasmus geleer het, waarom hy glo Thomas du Toit een van die beste stutte ter wêreld is, en wat van Finn Russell ’n briljante rugbyspeler maak.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
28 May Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat…
24 Sep 26 min

Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’

Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek…
17 Sep 37 min

Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’

Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland. “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet.  Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in…
10 Sep 27 min

Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’

Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou…
3 Sep 34 min

‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’

Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy…
27 Aug 32 min