Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’

Loading player...
Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie.
Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan en onthul Hendrikse se kramp was so erg dat dié skrumskakel Dinsdag steeds nie kon oefen nie.
Powell verklap ook wat alles agter die skerms gebeur het toe hulle besef die VRK-kwarteind stuur op ’n skopstryd af. Pakke dokumente is bestudeer, waaghalsige strategiese plaasvervangers is opgestuur, en ’n wit tekenbord is uitgerus om taktiek op te trek.
Powell vertel ook hoe die jong Bradley Davids van oor tot oor geglimlag het voordat hy begin aanlê het pale toe.
In nog dramatiese sportnuus hoor ons by Heinrich Klaasen wat die rede agter sy skok-uittrede uit internasionale krieket is.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
4 Jun Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer…
8 Oct 34 min

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik…
1 Oct 38 min

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat…
24 Sep 26 min

Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’

Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek…
17 Sep 37 min