Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42

Loading player...
Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of nié gebeur het nie – was die kool die sous werd of het voormalige opposisiepartye hulself eintlik net vir ’n lekker pot lensiesop uitverkoop?
6 Jun Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Die politieke sirkus op die dorp | Ep. 54

Vandeesweek laat die politieke sirkus op die dorp ons met geen rus nie. Eerste is Julius Malema wat uiteindelik in ʼn hof skuldig bevind is aan iéts! Hy gaan nie sommer binnekort die binnekant van ʼn tronk sien nie, maar gaan wel moet hoes om sy skuldboete te betaal. Die…
7 Oct 26 min