
SA rand bult spiere, so ook Namibiese dollar – en kan nog versterk
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse rand het vandag in vroeë handel versterk, na data van die sentrale bank getoon het dat buitelandse reserwes verlede maand toegeneem het. Om 2-uur het die rand teen 17,76 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, sy hoogste vlak sedert Desember 2024. Dit is ook uitstekende nuus vir Namibië, weens die Namibiese dollar se koppeling aan die rand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt, wat sê die rand kan meer versterk.