Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’

Loading player...
Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is.
Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium begin mik vir ’n goeie tyd en aanhoudend somme in sy kop gedoen om te verseker sy pas is reg.
Dit was in dié stadium dat ’n pa en sy seun hom langs die pad herken, en sommer agter hom begin aanhardloop om sy handtekening te kry!
Ons gesels ook oor die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap, en hoor by Victor Matfield wat die Bulle moet doen om Leinster te troef.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
11 Jun Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’

Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou…
3 Sep 34 min

‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’

Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy…
27 Aug 32 min

Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby

Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark. “Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody. Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane,…
20 Aug 27 min

Wat is mense se probleem met Manie?

’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev. In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die…
13 Aug 32 min

Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’

Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33. Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels. Hy sê hy…
6 Aug 32 min