Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’

Loading player...
Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is.
Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium begin mik vir ’n goeie tyd en aanhoudend somme in sy kop gedoen om te verseker sy pas is reg.
Dit was in dié stadium dat ’n pa en sy seun hom langs die pad herken, en sommer agter hom begin aanhardloop om sy handtekening te kry!
Ons gesels ook oor die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap, en hoor by Victor Matfield wat die Bulle moet doen om Leinster te troef.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
11 Jun 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal.
4 Feb 30 min

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak…
28 Jan 27 min