Geen tydsberekening vir Stad Whk om watertariewe te hersien nie

Loading player...
Die sentrale gebied-waterbestuurskomitee het einde Mei vergader om waterbronne vir die gebied te bepaal. Na die verslag voorberei is kan Stad Windhoek bepaal of die droogte-watertariewe nog van krag moet wees. Windhoek is steeds in kategorie D vir waterbesparing en water is uiters duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder. Sy sê sy weet nie wanneer die raad die kwessie sal opneem nie.
12 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister sê oor HPV-inentings

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het meer inligting gegee oor planne by die ministerie. Die regering poog om toegang tot gesondheidsorg te bevorder deur 'n personeelomset te hê wat voldoende is om alle pasiënte te versorg.
13 Jun 2AM 1 min

Oos-Kaap moet as rampgebied verklaar word - DA

Die DA sê die Oos-Kaapse premier moet 'n provinsiale ramptoestand verklaar nadat minstens 70 mense weens verwoestende oorstromings dood is. Honderde gesinne is haweloos, en daar is omvattende skade aan huise, skole en hospitale. Verder is 500 000 inwoners sonder elektrisiteit. Die DA-lid, Vicky Knoetze, kritiseer die regering se stadige…
13 Jun 2AM 1 min

Bek-en-klouseer sal verbruikers in SA raak

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900 000 dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die…
13 Jun 1AM 1 min

VSA staan ondersoekers in Indië-vlugramp by

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie werk nou saam met die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad om Indiese owerhede by te staan met die ondersoek na die Air India-vliegongeluk. Altesaam 241 van die 242 mense aan boord is dood toe dit net na opstyging by ʼn lughawe in…
13 Jun 1AM 1 min

Pensioenarisse ouer as 80 moet herregistreer vir toelaag

'n Openbare kennisgewing is uitgereik wat versoek dat 80-jariges hulself as lewendig verifieer by die maatskaplike welsyn-ministerie. Lede van die publiek was onder die indruk dat dit vals inligting is, maar die ministerie het die egtheid daarvan aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku.
13 Jun 12AM 1 min