Die repokoers is vanoggend onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab het die redes daarvoor se verwoord.
Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding…
Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado…
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê…
Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae in die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.