
Namibië bevestig eerste geval van hondsdolheid in rob
Loading player...
Namibië het sy eerste geval van hondsdolheid in 'n Kaapse pelsrob bevestig, luidens 'n verklaring van die landbouministerie. Die besmette rob is op 13 Junie by die Walvisbaai strandmeer gesien met simptome wat ooreenstem met hondsdolheid. Dit is kort daarna dood, en 'n monster wat van die karkas geneem is het positief getoets vir die virus. Dit volg op verskeie gevalle van hondsdolheid onder robbe wat sedert Junie 2024 in Suid-Afrika aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia.