Skrywers deel inspirasie by Innibos se ATKV-Boekgesprekke

Loading player...
Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis met Francois van Coke, Annie Klopper, Marinda Engelbrecht, Elize Parker en Johannes de Villiers. Sanett Oosthuizen vertel vir Sonop Ontbyt meer.
19 Jun Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Top sierduiwe in Nelspruit te sien

Die Nasionale Sierduif-kampioenskappe vind Saterdag by Buco Nelspruit plaas met meer as 900 sierduiwe van regoor die land wat ten toon gestel gaan word. Jan Labuschagne gesels met Charles.
30 Jun 15 min

Kry vir jou 'n Monroe, Marion

Marion Holm was lanklaas in 'n eenvroustuk te sien by Innibos. Sy vertel meer oor Marion Monroe en die debuutstuk Kry vir jou 'n Tux, Thomas.
30 Jun 8 min

Witrivier wil toerisme laat herleef

Lucille de Villiers en Liselle Bouwer van die Witrivier CTO (deel van KLCBT) het Saterdagoggend kom gesels oor hul jongste inisiatief om Witrivier Toerisme weer op die voorgrond te plaas deur die gemeenskap aan te moedig om na vore te kom met wat hulle vir toeriste kan aanbied.
30 Jun 13 min

Witrivier mik vir Kwêla se Dorp van die Jaar

Witrivier is aangewys as Mpumalanga se kandidaat in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Glouda Goosen en Lize Leonard vra die hele Witrivier om betrokke te raak en die Laeveld om hul strewe te ondersteun.
26 Jun 10 min

Toegang tot Kaapsehoop steeds gratis

Nee, besoekers hoef nie toegangsfooie te betaal om deesdae die ikoniese Kaapsehoop te besoek nie. Andrea Fourie verduidelik waarvoor hulle wel - onder vrywilligers - fondse insamel.
20 Jun 18 min