Guterres het kommer oor Midde-Ooste

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Iran. Die krisis het Vrydag ontstaan toe Israel kern- en militêre persele reg oor Iran aangeval het en Teheran wraakaanvalle op Israelse stede uitgevoer het. Meer as 500 mense is in albei lande dood. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê die sekretaris-generaal het beklemtoon dat ʼn skietstilstand noodsaaklik is om verdere onbestendigheid in die streek te verhoed:
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV

Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar 'n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
19 Jun 10AM 1 min

ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoere

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook 'n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die…
19 Jun 10AM 1 min

Regshulpsentrum sê oor aanhouding van jeugdiges

Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
19 Jun 10AM 1 min

HyIron sê beleggings nodig vir groei

Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
19 Jun 9AM 1 min