Johannesburg-tariewe styg skerp

Loading player...
Die Stad Johannesburg het die tariewe vir 2025/2026 goedgekeur wat volgende maand in werking tree. Die metro se nuwe tariewe beteken elektrisiteit kos 12,74-persent meer, water en riool styg met 13,9-persent, vullisverwydering met 6,6-persent en eiendomsbelasting met 4,6-persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Margaret Arnolds, sê die tariewe is so saamgestel dat die metro voorkeur gee aan noodsaaklike dienste en arm gemeenskappe beskerm word:
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoere

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook 'n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die…
19 Jun 10AM 1 min

Regshulpsentrum sê oor aanhouding van jeugdiges

Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
19 Jun 10AM 1 min

HyIron sê beleggings nodig vir groei

Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
19 Jun 9AM 1 min

Rassie in sy skik met Bokke se voorbereiding

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog…
19 Jun 9AM 1 min

Mediese fonds-lede moet jaar-vergadering bywoon: namfisa

Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.
19 Jun 8AM 1 min