
N/a'an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne
Loading player...
Die besturende direkteur van N/a'an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees vooraanstaande wynkompetisies, goud gewen. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.