Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies

Loading player...
Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in Mthatha gesê treurende gesinne wag steeds op vermiste geliefdes.
19 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Outa sê onetieise en swak leierskap verniel plaaslike owerhede

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer…
20 Jun 3AM 1 min

Europese leiers vergader met Iran-owerhede

Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, ontmoet vandag sy Franse en Duitse ampsgenote, asook Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Switserland. Die doel is om ʼn diplomatieke manier te kry om Iran se kernprogram te bespreek. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja…
20 Jun 3AM 1 min

VN gee N$32m vir biomassa werksgeleenthede onder die jeug

Die VN het voortgesette steun belowe om Namibië te help om jeugwerkloosheid aan te pak. VN-koördineerder Hopolang Phororo sê dat 32 miljoen Namibiese dollar reeds uit die Gesamentlike SDG-fonds gebruik word, met nog 'n voorstel van 18 miljoen dollar wat by die Wêreldbank onderweg is. Die fondse sal werkskepping in…
20 Jun 2AM 1 min

Bibi het lof vir Trump wat hom 'ondersteun'

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het president Donald Trump geloof en sê Amerika help sy land baie met die konflik in Iran. Volgens berigte het Trump aanvalsplanne vir Iran nagegaan, maar wag om te sien of Teheran van sy kernprogram afsien. Netanyahu het gister die Soroka Mediese Sentrum in…
20 Jun 2AM 1 min

Scheffler loop voor by Travelers

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler het 'n openingsronde van 62 aangeteken en is saam voor met sy Amerikaanse landgenoot Austin Eckroat by die Travelers-kampioenskap in Connecticut. Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook goed begin en is twee houe agter, met ses onder, saam met die Amerikaners Keegan Bradley en Wyndham Clark…
20 Jun 1AM 1 min