
NMF se Jacobs vertel oor Kyalami se opgraderings
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die baan se uitleg verander nie, maar veranderinge insluit wat aan moderne veiligheid- en tegniese standaarde voldoen. Dit moet binne drie jaar voltooi word. Jacobs het meer.