
SARB se Kganyago kansellier van US
Loading player...
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago is amptelik as die 16de kansellier van Universiteit Stellenbosch ingehuldig. Die seremonie het gister in die Endler-saal op die universiteitskampus plaasgevind en is bygewoon deur hooggeplaastes, personeel en studente. Kanyago het tydens die seremonie gesê dit is 'n eer om die rol te aanvaar en gevra dat die universiteit transformasie, diversiteit en akademiese vryheid ondersteun. Hy het die universiteit aangemoedig om sy verlede te konfronteer en rassisme te verwerp: