86 Palestyne wat kos soek Dinsdag gedood

Loading player...
Israeliese magte het Dinsdag minstens 86 Palestyne in Gaza doodgemaak, waaronder 56 naby hulpverspreidingsentrums, volgens mediese bronne in hospitale. Die Verenigde Nasies waarsku ook dat kinders in Gaza van dors kan begin sterf indien Israel se meer as 100-dae brandstof-blokkade nie gelig word nie. Stéphane Dujarric, 'n woordvoerder van die VN sekretaris-generaal, sê as brandstof nie in Gaza afgelewer word nie, sal hul lewensreddende operasies vinnig tot 'n einde kom en mense sal nie kan oorleef nie. Al Jazeera het gepraat met Amjad Shawa, 'n koördineerder van Palestynse nie-regeringsorganisasie netwerke.
24 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Navo se Rutte vol lof vir Trump in Den Haag

Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, het saam met Amerikaanse president Donald Trump met die media in Den Haag, Nederland gepraat waar Navo-lidlande byeen is. Daar word beaam dat die lidlande vandag sal instem vir 5 persent verdedigingsbesteding. Rutte was vol lof vir Trump en het hom bedank vir sy…
25 Jun 5AM 1 min

Banyana-span van 26 vir Afrikabekertoernooi gekies

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het 'n finale span van 26 spelers aangekondig vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat volgende Saterdag in Marokko begin. Slegs 14 was in die span wat die toernooi drie jaar gelede gewen het. Die 17-jarige Casey Gordon en Bonolo Mokoma van die JVW-klub in…
25 Jun 5AM 1 min

Uitvoerbaarheidstudies vir groenwaterstof vorder goed

Die beplanning vir die Globale Afrika-waterstofberaad wat in September gaan plaasvind, is goed aan die gang. Tydens 'n mediakonferensie oor die beraad het James Mnuype, die hoof van die Groenwaterstofprogram, 'n opdatering gegee oor hul uitvoerbaarheidstudies van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Een van die studies kyk na 'n ammoniak kunsmisproduksieaanleg…
25 Jun 4AM 1 min

Trump hou voet by stuk Iran se kernprogram is uitgewis

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Iran sal nie weer sy kernprogram kan herbou na Amerika se aanvalle op sy belangrikste kerninstellings die naweek nie. 'n Broos skietstilstand tussen Israel en Iran het gisteroggend in werking getree. Beide kante het mekaar egter beskuldig dat hulle die ooreenkoms oortree het. Trump…
25 Jun 4AM 1 min

Sardyne: Regering werk aan beheer

Die onwettige vang van sardyne het in weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat die landbouministerie onlangs 'n verklaring oor die kwessie gelewer het. Volgens omgewingminister Indileni Daniel word geen sardyne wettig gevang nie weens die moratorium daarop om die bevolking te laat herstel. Sy sê die regering werk daaraan…
25 Jun 3AM 1 min