
B2 tussen Usakos en Swakop draai in die parlement
Loading player...
Die opgradering van die pad tussen Usakos, Arandis en Swakopmund het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Die IPC se skadu-werkeminister Nelson Kalangula wou by werkeminister Veikko Nekundi weet wanneer die werk voltooi sal wees, en hoekom die pad nie uit die staanspoor 'n dubbelbaan gemaak word nie. Dit sal koste bespaar, veral in die lig van die Walvisbaai-hawe se verwagte groei.