
Sardyne: Regering werk aan beheer
Loading player...
Die onwettige vang van sardyne het in weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat die landbouministerie onlangs 'n verklaring oor die kwessie gelewer het. Volgens omgewingminister Indileni Daniel word geen sardyne wettig gevang nie weens die moratorium daarop om die bevolking te laat herstel. Sy sê die regering werk daaraan om onwettige vissers aan te keer. Sy het ook verwys na kommer oor toenemende byvangste van sardyne.