
Uitvoerbaarheidstudies vir groenwaterstof vorder goed
Loading player...
Die beplanning vir die Globale Afrika-waterstofberaad wat in September gaan plaasvind, is goed aan die gang. Tydens 'n mediakonferensie oor die beraad het James Mnuype, die hoof van die Groenwaterstofprogram, 'n opdatering gegee oor hul uitvoerbaarheidstudies van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Een van die studies kyk na 'n ammoniak kunsmisproduksieaanleg by die Neckartaldam. Jona Musheko, die program se segsman, het meer.