Banyana-span van 26 vir Afrikabekertoernooi gekies

Loading player...
Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het 'n finale span van 26 spelers aangekondig vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat volgende Saterdag in Marokko begin. Slegs 14 was in die span wat die toernooi drie jaar gelede gewen het. Die 17-jarige Casey Gordon en Bonolo Mokoma van die JVW-klub in Bedfordview is die jongste spelers in die groep. Suid-Afrika speel in Groep C teen Ghana, Mali en Tanzanië. Ellis sê dit was 'n uitdaging om die finale span te kies:
25 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA teken 74 000 werkverliese aan van Januarie tot Maart

Statistieke Suid-Afrika het tussen Januarie en Maart vanjaar 'n daling van 74 000 werksgeleenthede in die formele sektor aangeteken, wat die totale indiensnemingsyfer op net meer as tien-miljoen te staan bring. Die grootste verliese was in handel en gemeenskapsdienste, met vervaardiging en konstruksie wat 'n klein wins getoon het. Matlapane…
25 Jun 8AM 1 min

Nog 'n cholerageval op Opuwo, maar nie uitbreking

Die lynministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na nog ‘n geval van cholera in Opuwo aangemeld is. Die seun, 13, se infeksie is nie verwant aan die ander bevestigde gevalle nie. Dit bring die totale gevalle op agt te staan met een pasiënt wat gesterf het. Walters Kamaya, die…
25 Jun 8AM 1 min

Inklusiewiteit vir gestremdes uiters belangrik

Die Nasionale Raad vir Gestremdhede bied tans 'n bewustheidsweek aan oor mense met gestremdhede. Die raad eis dat wetsontwerpe in die parlement aangeneem word wat die groep insluit. Sam Nujoma, die goewerneur van die Khomas-streek, het in sy toespraak gevra vir meer toeganklikheid vir gestremdes.
25 Jun 6AM 1 min

SA-regering sê hy het beheer oor bek-en-klouseer

Die regering sê die aankoms van entstof om die hardnekkige bek-en-klouseersiekte te bestry sal help teen die verspreiding van die siekte en biosekuriteit verbeter. Altesaam 900 000 entstofampules wat van die Botswana Entstofinstituut verkry is, het verlede week in die land aangekom. Die siekte is in KwaZulu-Natal aangemeld wat die…
25 Jun 6AM 1 min

Wrintiewaar onnodig om 28 000 ton rys in te voer!

Plaaslike rysproduksie is in die nuus. Meer as 28 000 ton word jaarliks ingevoer. Die Namibiese Akkerbouraad se jongste navorsing toon dat daar groot geleenthede hiervoor is, veral in die noordelike streke wat aan riviere grens. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se woordvoerder Liseli Mwilima, gesels.
25 Jun 6AM 1 min