
Navo se Rutte vol lof vir Trump in Den Haag
Loading player...
Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, het saam met Amerikaanse president Donald Trump met die media in Den Haag, Nederland gepraat waar Navo-lidlande byeen is. Daar word beaam dat die lidlande vandag sal instem vir 5 persent verdedigingsbesteding. Rutte was vol lof vir Trump en het hom bedank vir sy deurslaggewende leierskap in verband met Iran. Hy het ook die 5 persent teiken aangespreek.