Khorixas-brand woed steeds, omgewingsministerie op die toneel

Loading player...
Die brand wat Maandag tussen Khorixas en Sorris Sorris ontstaan het, woed steeds en met die winderige toestande is dinge uiters uitdagend. Duisende hektaar is al verwoes. Die weermag het nie opgedaag om bystand aan die gemeenskappe te bied nie, maar die omgewingsministerie is teenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Johnson Ndokosho, die direkteur van bosbou gepraat.
25 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis hoekom Chinese EV's skoonskip maak op die mark

Volgens die jongste voertuigverkope-statistieke, word elektriese voertuie wêreldwyd al meer gewild. Dit kan veral toegeskryf word aan wisselvallige brandstofpryse. Die statistieke wys dat die voorkeur-handelsmerke van China afkomstig is, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia.
25 Jun 10AM 1 min

Namibië, SA in moeilike posisie weens Midde-Ooste konflik

Suid-Afrika is in ’n moeilike posisie met die konflik in die Midde-Ooste. Ramaphosa se Withuis-besoek het ook ontaard. Intussen het Iran se regering Namibiese belange deur sy aandele in die Rössing-myn. Kenners waarsku dat ’n duidelike standpunt deur enige van die twee regerings ekonomiese gevolge uit die VSA kan inhou…
25 Jun 10AM 1 min

Vrae word in NV gerig oor onopgeloste moordsake

In die Nasionale Vergadering het die PDM-wetgewer Diederick Vries kennis gegee hy gaan op 3 Julie die minister van veiligheid en sekuriteit vra hoe ver die ondersoek is in verskeie moordsake. Dit sluit in die van Magdalena Stoffels sowel as vanjaar se moorde op Ingrid Maasdorp, Beyonce !Kharuxas en Rosalind…
25 Jun 10AM 1 min

Mubita sit PLAN-vegters se betalings uiteen; SWATF-lede kry niks

Die adjunkminister van veterane-sake, dr. Charles Mubita, het 'n opdatering gegee oor die verskeie betalings wat aan veterane van die bevrydingstryd gemaak is. Hy het, onder andere, die uiteensetting gegee van die verbetering van die welsynstoelae, waaruit 9 685 veterane voordeel trek. Die voordele word net aan PLAN-soldate betaal en…
25 Jun 10AM 1 min