
Julie-brandstofprys môre bepaal
Loading player...
Brent ru-olie het ‘n onstuimige week ervaar maar het effe gestabiliseer, terwyl die skietstilstand in die Midde-Ooste hou. Intussen sal die komitee wat die brandstofprys bepaal, môre vergader. Volgens die lynministerie se petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo, is daar kommer oor die wisselvalligheid in markte. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.