Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red

Loading player...
In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed.
Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie.
White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers soos Ruan Nortjé en Marcell Coetzee het onlangs ’n afvaardiging van spelers gelei wat met die Bulle-topbestuur oor White se leierskap vergader het.
White geniet wel die ondersteuning van die Bulle se aandeelhouer Johann Rupert, maar selfs dit gaan hom nie kan red nie.
Ons gesels ook oor die Bokke se wedstryd teen die Barbarians Saterdag in Kaapstad.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
25 Jun Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer…
8 Oct 34 min

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik…
1 Oct 38 min

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat…
24 Sep 26 min

Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’

Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek…
17 Sep 37 min