Windhoek-burgemeester sit fokus op agterplaastuine

Loading player...
Die burgemeester van Stad Windhoek, Ndeshihafela Larandja, het haar nalatenskapsprojek by die stad se burgemeesterssakeforum bekendgestel. Die projek sal op landbou fokus in ‘n poging om stedelike voedselsekerheid te verbeter en skop volgende maand af. Larandja het meer.
25 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dalk kan 4x4-ambulanse help in Kavango-Oos

Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, 'n gebrek aan vervoer en…
25 Jun 11AM 1 min

Bek-en-klouseer buite beheer in buurland, sê TLU SA

Die landbou-organisasie TLU SA sê bek-en-klouseer is buite beheer in Suid-Afrika en die regering moet hulpbronne ontplooi om die uitbreking te bekamp. Die organisasie sê hoewel daar in sekere provinsies met inentings begin is, word nuwe gevalle steeds op sommige plase aangemeld. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis…
25 Jun 11AM 1 min

Dis hoekom Chinese EV's skoonskip maak op die mark

Volgens die jongste voertuigverkope-statistieke, word elektriese voertuie wêreldwyd al meer gewild. Dit kan veral toegeskryf word aan wisselvallige brandstofpryse. Die statistieke wys dat die voorkeur-handelsmerke van China afkomstig is, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia.
25 Jun 10AM 1 min