Die oud-gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van voedselvergiftiging in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango Oos, waar 20 sterftes tussen 2023 en 2025 aangemeld is. Hy meen dit word gekoppel aan swak infrastruktuur, veral slegte paaie, 'n gebrek aan vervoer en…
Die landbou-organisasie TLU SA sê bek-en-klouseer is buite beheer in Suid-Afrika en die regering moet hulpbronne ontplooi om die uitbreking te bekamp. Die organisasie sê hoewel daar in sekere provinsies met inentings begin is, word nuwe gevalle steeds op sommige plase aangemeld. Bennie van Zyl van TLU SA sê dis…
Volgens die jongste voertuigverkope-statistieke, word elektriese voertuie wêreldwyd al meer gewild. Dit kan veral toegeskryf word aan wisselvallige brandstofpryse. Die statistieke wys dat die voorkeur-handelsmerke van China afkomstig is, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia.
Suid-Afrika is in ’n moeilike posisie met die konflik in die Midde-Ooste. Ramaphosa se Withuis-besoek het ook ontaard. Intussen het Iran se regering Namibiese belange deur sy aandele in die Rössing-myn. Kenners waarsku dat ’n duidelike standpunt deur enige van die twee regerings ekonomiese gevolge uit die VSA kan inhou…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.