Steenhuisen boos oor Whitfield se afdanking

Loading player...
Die DA sê president Cyril Ramaphosa bedreig die stabiliteit van die koalisie nadat Andrew Whitfield van die DA as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die afdanking was polities gemotiveerd en demonstreer dubbele standaarde, met sekere ANC ministers wat steeds in hul poste is ten spyte van betrokkenheid by korrupsie. Steenhuisen waarsku dat sodanige optrede spanning binne die regering van nasionale eenheid kan vererger en vra Ramaphosa om verantwoordelik op te tree om eenheid te behou:
27 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer jeug begin stem, wys NMT-navorsing

'n Verslag wat onlangs deur die Namibia Media Trust bekendgestel is, toon dat daar 'n duidelike breuk is tussen politici en die jeug, hoofsaaklik as gevolg van oppervlakkige betrokkenheid tydens verkiesingsiklusse en 'n gebrek aan nakoming van veldtogbeloftes. Ten spyte hiervan, merk die verslag 'n merkbare toename in jeugdeelname in…
28 Aug 10AM 1 min

51% plaaslike eienaarskap in myne - het ons niks geleer?

'n Nuwe voorgestelde regeringsbeleid wat 51 persent plaaslike eienaarskap in mynbou-ondernemings vereis, het debat veroorsaak met kritici wat waarsku dat dit beleggers kan afskrik en Namibië se mededingendheid kan verswak. Hoewel dit daarop gemik is om plaaslike inwoners te bemagtig, word die uitspraak van die lynminister gesien as iets wat…
28 Aug 10AM 1 min

Verkrygingshersieningspaneel het 13 nuwe lede

Die finansminister het 15 individue aangestel in die Openbare Verkrygingshersieningspaneel vir 'n driejaartermyn, effektief vanaf 1 Oktober 2025 tot 30 September 2028. Van die 15 lede is 13 nuut aangestel. Die paneel is uiters belangrik in die tenderproses. Wilson Shikoto, woordvoerder van die ministerie, het verdere besonderhede met Kosmos 94.1…
28 Aug 10AM 1 min

Lae waterdruk in Lüderitz, pyplyn-lek word herstel

NamWater het aangekondig dat waterlewering aan Lüderitz onder druk is nadat 'n groot lek op die dorp se toevoerlyn opgespoor is. Herstelwerk het reeds begin, maar toevoer na die reservoir is vanoggend afgeskakel en inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van…
28 Aug 9AM 1 min

Tweestaatoplossing 'al wat Gaza-oorlog sal stop'

Israeliese tenks het laat Woensdag na die Jabalia-gebied van Gaza-stad teruggetrek ná aanvalle op die stad, hoewel bombardemente op drie van die oostelike voorstede, Shejaia, Zeitoun en Sabra, voortgegaan het. Volgens die gesondheidsowerhede in Gaza het Israeliese aanvalle minstens 20 mense, waaronder 'n vierjarige meisie, oor die enklawe doodgemaak. Intussen…
28 Aug 9AM 1 min