Interpol sê misdaadintelligensie in SA geknou

Loading player...
Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan, terwyl een beskuldigde in aanhouding bly vir soortgelyke aanklagte in 'n ander saak. Mashaile het aan SABC News gesê dis jammer dat die vertroue in misdaadintelligensie skipbreuk ly:
29 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staat soek landdros-onttrekking in Namcor-borgaansoek

Die borgtog-verrigtinge van Cedric Willemse in die Namcor-korrupsiesaak het 'n onverwagte wending geneem in die Windhoek-landdroshof. Staatsaanklaer Basson Lilungwe sê dat die Staat Vrydag 'n aansoek sal indien dat landdros Jurina Hochobes, wat die borgtog-aansoeke sou aanhoor, haar onttrek. Hy het nie redes hiervoor gegee nie. Uitspraak in hierdie aansoek…
27 Aug 11AM 1 min

SA polisiehoof vra verenigde front teen misdaad

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê diegene wat voordeel trek uit onbestendigheid teiken Afrika se groei en veerkragtigheid. Hy het tydens die 27ste Interpol Afrika-streekskonferensie in Kaapstad die behoefte beklemtoon aan sterker instellings, die deel van intelligensie en geïntegreerde wetsraamwerke. Masemola het die byeenkoms 'n geskiedkundige oomblik genoem en kragtige, samewerkende…
27 Aug 11AM 1 min

Stel suikerbelasting in vir beter gesondheid: Voedselsekuriteitsalliansie

Die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië doen 'n beroep op 'n nasionale suikerbelasting as deel van sy breër strategie om die land se groeiende las van nie-oordraagbare siektes en wanvoeding aan te spreek. Die organisasie waarsku dat Namibië nou 'n "dubbele las" van wanvoeding en oorvoeding in die gesig staar,…
27 Aug 10AM 1 min

Swak regeringskommunikasie lei tot waninligting

Namibia Fact Check het gewaarsku dat swak en onduidelike kommunikasie van regeringsamptenare dikwels lei tot openbare verwarring en onakkurate beriggewing, wat uiteindelik beide media-geloofwaardigheid en vertroue in staatsgeleide inisiatiewe skaad – veral op die gebied van bewaring. Namibia Fact Check-redakteur Frederico Links se opmerkings kom te midde van groeiende wêreldwye…
27 Aug 10AM 1 min